
=====================================================================
S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


S Afrikaans sy s in die sakebinnekring?

Nissa Vosloo kyk hoe staan sake vir Afrikaans binne maatskappye se marmer-en-glasingange.

SLAAN 'n woordeboek oop, en dit s vir jou "divisie" en "departement" is dieselfde. Skryf dit iewers neer waar iemand dit kan lees, en een 
of ander maatskappy gaan op jou neerdaal, want hy het juis onderskei tussen "divisies, departemente, afdelings en seksies" om lyf aan sy 
struktuur te gee.

Die wreld verander egter byna net so vinnig soos wat hy draai. Dis tyd dat ons maatskappye saamdraai en hul strukture anders opstel, word 
ges. Maar dit gaan harde bene kos voordat ons mense net by 'n maatskappy werk, pleks van in die een of ander afdeling van 'n divisie.

Met Nelson Mandela se vrylating op 11 Februarie 1990 is Afrikaans ook losgelaat.   Mense wat al die jare hardnekkig vrot Engels gepraat het 
-- al hoor hulle jou hard en duidelik Afrikaans praat -- was skielik nie meer skaam/onwillig om die "boeretaal" te besig nie.

Nou wurg Afrikaans al weer op 'n paar ander fronte. Die een stuk dro brood is 'n regering wat nie kan onderskei tussen een en elf 
amptelike tale nie.

'n Ander wurgpatat is maatskappye en die taal wat hulle praat, noem dit sommer "Korporaans". Die groot sondaar is vaktaal. Dis heelwat 
makliker om 'n Engelse uitdrukking of frase regstreeks in Afrikaans om te sit as om mooi, nuwe woorde uit te dink. Dis veral waar op 
gebiede wat met geld te doen het.

Neem nou maar 'n versekeringspolis vir besighede. Die taal is uiteraard tegnies, en dis moeilik om dit in maklik verstaanbare Afrikaans om 
te sit. "Kontraktuele Afrikaans is regstegnies korrek, maar beslis nie gebruikersvriendelik nie," s Willie Zeeman, senior bestuurder:   
onderskrywing by Santam Beperk in Johannesburg.

Willie is die verteenwoordiger van Afrikaanse korttermynversekeraars in die komitee wat die bedryf se besigheidspolis, die Multimark, 
ondersoek en wysigings voorstel wat op herdrukke aangebring word. Die komitee het gekyk na die sinvolheid om die polisse net in een taal 
uit te gee, "maar toe ek eers vir hulle verduidelik dat dit die bedryf groot geld sou kos as ons op di manier ons Afrikaanse klintekorps 
vervreem, het hulle my gesteun".

Santam skryf ook sy persoonlike versekeringspolisse oor in eenvoudige, maklik verstaanbare Afrikaans en Engels. "Ons doen dit omdat ons 'n 
polis wil h wat elke mens sonder 'n prokureur se hulp kan lees."

Santam is van huis uit 'n Afrikaanse maatskappy met 'n oorwegend Afrikaanse werkerskorps -- die huistaal van sowat 20 persent van die 
personeel is nie Afrikaans nie. Om hierdie rede geskied interne kommunikasie grootliks in Afrikaans.

Die personeelkoerant, Santampos, is 'n bietjie swaarder met Engels gelaai. Dit word gedoen om daardie personeellede wat geen of min 
Afrikaans magtig is, te help om die maatskappynuus te verstaan. Opsommings van belangrike artikels word onder meer in Engels onderaan die 
artikels gegee.

Errieda du Toit, assistenthoofbestuurder van openbare betrekkinge,   s Santam sal altyd sy polishouers, tussengangers en personeellede in 
ag neem wanneer dit by taalgebruik kom. "Ons sal voortgaan om altyd ons klinte se taalvoorkeur te respekteer. "Santam is besig om sy 
amptelike taalbeleid te formaliseer. Ons sal egter voortgaan om Afrikaans binne en buite die maatskappy te praat en te skryf."

Johan Geldenhuys, hoof van Nedcor se taaleenheid,   s sy maatskappy se amptelike beleid is dat Nedcor teen geen taal diskrimineer nie. 
"Ons praat die taal wat die klint wil praat. Dis bloot 'n goeie sakebeginsel."

Hy meen al hoe meer maatskappye sal hierdie rigting inslaan, want dit maak sakesin. Hy meen in die geval van bemarkingsdokumente (soos 
jaarverslae, tussentydse verslae, beleggingsverslae, brosjures, produkinligting, gedrukte en elektroniese advertensies, ekonomiese verslae, 
persverklarings ens.) sal die taal of tale waarin die publikasies verskyn, deur markkragte bepaal word. "Dit gaan alles oor bemarking, oor 
die verkoop van 'n produk aan iemand en in sy eie taal."

Johan noem die voorbeeld van UAL, Nedcor se aksepbank. Een van die markte waarop UAL se effektetrusts tans konsentreer, is 
Afrikaanssprekendes, want dis beslis 'n mark met groeipontensiaal. "En onthou, UAL is 'n oorwegend Engelssprekende maatskappy," s hy.

As dit by Nedcor se interne kommunikasie kom, lyk sake ietwat anders. Nedcor het talle handleidings wat weekliks bygewerk word. "Die koste 
om dit in meer as een taal te doen, sou onmoontlik hoog wees," meen Johan. "Hier gaan dit bloot om koste-oorwegings."

Southern Life, lewensversekeringsmaatskappy, praat intern al hoe meer Engels, s Graeme Lillie, die maatskappy se woordvoerder. "Sedert die   
instelling van die elf amptelike tale het ons geleidelik al hoe meer geneig na Engels. Dis 'n evolusionre proses."

Na buite is hulle nog baie tweetalig: hul polishouers is min of meer om die helfte Afrikaans en Engels. As hulle navrae van klinte 
ontvang, word dit beantwoord in die taal van die klint se keuse.

Martie Gilchrist,   redakteur van die poskantoor se personeelblad, Xpress, s hoewel meer as die helfte van hul personeellede Afrikaans 
verstaan, gebruik hulle hoofsaaklik Engels en Afrikaans. Die amptelike beleid is dat werknemers van die Poskantoor binne en buite die 
maatskappy memorandums, briewe, dokumente ens. moet rig in die taal van die leser.

Johan Geldenhuys van Nedcor   s enige suksesvolle maatskappy wat wil voortbestaan, "sal taal in ag moet neem -- wreldwyd".

Prof. Hans du Plessis van die Potchefstroomse Universiteit skryf op 23   April '97 in Beeld dat 'n mens moet boer met die dinge waarvoor 
die mark vra. En "die nuwe Suid-Afrikaanse mark vra mense wat Afrikaans kan praat en lees; wat vir die lekker wil praat, lees en skryf. 
Mense in die bedryf wat op soek is na bedryfskennis van taal, mense wat nie tyd het vir 'n linguistiese of literr-teoretiese trip nie." 
Nissa Vosloo is by Santam Openbare Betrekkinge en redakteur van Santampos.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av436.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1997 /// Afrikaans: 'n Landswye opname (AV 4:3) /// 'n Lewe in 
diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3) /// Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3) /// As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3) /// Dis ns 
storie (AV 4:3) /// S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3) /// Afrikaans moet uitreik na Afrika (AV 4:3) /// Koerantprojek 
stimuleer handevat-aksie (AV 4:3) /// Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3) /// Kuns in diens van taal? (AV 4:3) ///

